Jy sien dit oral rondom jou – van grimering aansit tot speletjies op selfone.

Maar het jy al iemand sien ontbyt eet in spitsverkeer?

’n Fietsryer in Londen het homself liederlik vererg vir ’n vrou hy agter die stuur betrap het terwyl sy haar ontbyt in spitsverkeer geniet het.

In die video klop hy verwoed aan haar ruit, skel haar vreeslik uit en eis dat sy die papbakkie wegsit. Sy ignoreer hom.

Ons weet ontbyt is die belangrikste maal van die dag, maar miskien moet dit tuis en nie agter die stuurwiel geniet word nie. Of hoe?

Bronne: YouTube; Mashable