Hou vas, want Huisgenoot se nuwe tydskrif Reis Na Die Ruimte neem jou op ’n ongelooflike buiteaardse vlug!

Cover of Huisgenoot Reis na die Ruimte publication

Gepak met verrassende feite soos:

  • Op die Internasionale Ruimtestasie bly 'n mens langer jonk as op Aarde!
  • Koffie op die ruimtestasie bevat herwinde urine!
  • Jy kan in die ruimte soveel eet as wat jy wil sonder om gewig aan te sit!

Lees ook meer oor:

  • Die koelste vuurpyle en ruimtetuie ooit:

[caption id="attachment_126158" align="aligncenter" width="604"]Infographic of largest rockets on Earth Die grootste vuurpyle wat nog ooit gebou is. Illustrasie: Anton Vermeulen[/caption]

  • Glansryke ruimtevaarders (ook dié met vier pote):

[caption id="attachment_126162" align="aligncenter" width="602"]Picture of Veterok and Ugolyok, two dogs that flew in space Veterok en Oegoljok, twee oulike Russies brakkies wat in 1966 22 dae lank om die Aarde gewentel en daarna veilig geland het. Foto: Wikipedia[/caption]

  • Hoe ons binnekort op Mars gaan leef en werk:

[caption id="attachment_126168" align="aligncenter" width="600"]An artist's impression of a farming module on Mars So sal 'n Mars-plaas waarskynlik daar uitsien: modules waarin plante op die Rooi Planeet gekweek sal word. Illustrasie: NASA[/caption]

  • Hoe om ’n ruimtevaarder te word:

[caption id="attachment_126176" align="aligncenter" width="600"]Picture of astronauts floating in a plane Aspirant-ruimtevaarders oefen gewigloosheid. Foto: NASA[/caption]

  • Hoe Suid-Afrika in die ruimte woeker:
[caption id="attachment_126180" align="aligncenter" width="602"]a picture of the SA radio obeservatory at Hartebeesthoek SA se radio-sterrewag by Hartebeesthoek in Gauteng. Foto: SA Ruimteagentskap (Sansa)[/caption]
  • En nog baie meer!

Voel of jy self daar is!

Met Media24 se 3D apps kan jy ons wonderlike ruimte self beleef – mik net met jou slimfoon na die ikone in die tydskrif. Kry jou eksemplaar van Huisgenoot Reis Na die Ruimte vandag nog teen net R45 - in die winkel of op Huisgenoot se webtuiste.

Moet natuurlik ook nie die fantastiese Huisgenoot/YOU/DRUM-tentoonstelling GATEWAY TO SPACE misloop nie!