[post-slider]

Voorlangs is daar ’n nuwe sierrooster en herontwerpte voorligte. Aan die agterkant het die Jetta onder meer herontwerpte ligte en ’n nuwe buffer-ontwerp.

Die enjinreeks is onveranderd en bestaan weer uit drie petrolenjins (1,2 TSI 77kW, 1,4 TSI 90kW and 1,4 TSI 118kW) en twee turbodiesel-kragbronne (1,6 TDI 77kW and 2,0 TDI 103kW).

Die Jetta is beskikbaar in drie afwerkingsvlakke: Trendline, Comfortline en Highline, en al dié weergawes het ’n omvattende lys standaardkenmerke. Kopers kan ook kies uit talle opsionele ekstras.

Drie goed wat jy oor die Jetta moet weet

  1. Volkswagen het die Jetta die eerste keer in 1980 in Suid-Afrika bekendgestel en sedertdien is 273 000 hier verkoop.
  2. Die Jetta is een van die suksesvolste sedans ter wêreld en sedert 1979 is daar al meer as 14 miljoen eenhede verkoop.
  3. Net in 2013 alleen het Volkswagen 925 000 Jettas verkoop.

Pryse

  • 1,2 TSI 77 kW Trendline: R258 000
  • 1,4 TSI 90 kW Trendline: R272 500
  • 1,4 TSI 90 kW Comfortline: R286 700
  • 1,4 TSI 90 kW Comfortline DSG out.: R302 700
  • 1,6 TDI 77 kW Comfortline: R302 900
  • 1,6 TDI 77 kW Comfortline DSG out.: R318 900
  • 1,4 TSI 118 kW Highline DSG out.: R331 900
  • 2,0 TDI 103 kW Highline DSG out.: R358 000

Alle Jetta-modelle het ’n vyf-jaar-/90 000 km-diensplan en ’n drie-jaar-/120 000 km-waarborg.