Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum: 

  • 1676 – TheodorusIII word die Russiese tsaar ná die dood van sy vaderi, Alexis.
  • 1801 – Frankryk en Spanje rig ’n ultimatum aan Portugal om sy verbintenis met Brittanje te verbreek.
  • 1819 – Sir Stamford Raffles land in Singapoer en kom ooreen met ’n plaaslike regeerder dat ’n Britse handelspos gestig word.
  • 1820 – Brittanje se koning George III sterf waansinnig in Windsor-kasteel. Dit beëindig ’n heerskappy waartydens die Amerikaanse en Franse revolusie plaasgevind het.
  • 1916 – Die Duitsers voer die eerste Zeppelin-aanval uit op Parys in die Eerste Wêreldoorlog.
  • 1934 – Die Hoërskool Grens open as die eerste en vandag nog enigste Afrikaanse hoërskool in die oorwegend Engelse hawestad Oos-Londen.
  • 1949 – Brittanje gee de facto-erkenning aan die nuwe staat Israel.
  • 1950 – Die eerste reeks opstande aangespoor deur die apartheidsbeleid breek uit in Johannesburg.
  •   1973 – Amerika, die Sowjetunie en 17 ander lande stem in tot samesprekings in Wene dat die mag van weermagte in Europa beperk word.
  • 1991 – Die Suid-Afrikaanse politieke teenstanders Mangosuthu Buthelezi en Nelson Mandela ontmoet die eerste keer in 30 jaar en doen ’n beroep op ’n wapenstilstand tussen hul volgelinge.
  • 2002 – Strydig met Suid-Afrika se patentregte begin ’n internasionale humanitêre organisasie, Dokters sonder Grense, ’n goedkoop, generiese weergawe van die gepatenteerde vigsmedikasie die land invoer.
  • 2005 – Tsoenami-geteisterde lande hou ’n konferensie in Thailand oor waar ’n waarskuwingsentrum vir die voorkoming van nog rampe opgerig moet word. Hulle besluit op klein sentrums in die onderskeie lande.
  • 2009 – Zimbabwe se regering erken hy het die stryd teen inflasie verloor en gee toestemming dat die Amerikaanse dollar en die geldeenhede van naburige lande in die handel gebruik word.
  • 2010 – Die voormalige Britse eerste minister Tony Blair veg om sy plek in die geskiedenis te behou teen kritici wat beweer dit was onsinnig om Irak as bondgenoot van Amerika binne te val, op grond van inligting wat foutief was en wapens van massavernietiging wat nie bestaan het nie. Hy sê dit was die regte besluit en hy sal dit weer doen.
  • 2011 – Te midde van ’n chaos in Kaïro benoem Egipte se pres. Hosni Moebaraksy intelligensiehoof as sy eerste adjunkpresident en opvolger. Die sterftesyfer van vyf dae se opstand teen die regering is 74.
  • 2012 – Europa se skuldkrisis is die belangrikste gesprekspunt op ’n samekoms van politieke hoofde en sakeleiers in Davos, Switserland. Die toenemende ongelykheid tussen die rykes en armes word die eerste keer ’n besprekingspunt.