Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1879 – Amerika se pres. Rutherford Hayes onderteken ’n wet ingevolge waarvan vroue as prokureurs in die hof mag werk.
  • 1894 – Frankryk en Duitsland bereik ooreenstemming oor die grens tussen die Franse Kongo en Kameroen.
  • 1933 – Amerika se aangewese president, Franklin Roosevelt, spring ’n sluipmoordaanval in Miami vry waarin Anton J. Cermak, die burgemeester van Chicago, omkom.
  • 1964 – Cassius Clay, later bekend as Muhammad Ali, word die wêreld se eerste swaargewigbokskampioen.
  • 1973 – Amerika en Kuba onderteken ’n ooreenkoms dat die kapers van vliegtuie en skepe uitgelewer sal word.
  • 1978 – ’n Ooreenkoms word bereik in Rhodesië (nou Zimbabwe) dat swart mense belangrike ampte in die regering van die eerste minister Ian Smith sal beklee.
  • 1990 – Brittanje en Argentinië herstel diplomatieke betrekkinge wat verbreek is tydens die Falkland-oorlog in 1982.
  • 1991 – Die Suid-Afrikaanse regering kondig aan hulle sal alle politieke gevangenes vrylaat, en die ANC onderneem dat die gewapende stryd teen apartheid gestaak word.
  • 1996 - Die polisie ontwapen ’n bom in die Londense middestad, ure nadat die Ierse Republikeinse Leër die staking van verdere aanvalle geweier het.
  • 2003 – Die Vatikaan maak ’n geseëlde argief oop oor hul verhouding met Duitsland tussen 1922 en 1939. Eugenio Pacelli, wat later pous Pius XII geword het, was destyds die Vatikaanse minister van buitelandse sake. Die argief is ontseël om kritiek te weerlê dat pous Pius XII nie hard genoeg gestry het teen die Nazi’s se Jodeslagting nie.
  • 2009 – Pres. Hugo Chavez van Venezuela wen ’n referendum dat die perk op termyne opgehef word; dus kan hy hom weer in 2012 verkiesbaar stel.