Vandag is Saterdag, 25 Januarie, die 25ste dag van 2014. Vanjaar het nog 340 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1533 – Engeland se koning Hendrik VIII trou in die geheim met sy tweede vrou, Anna Boleyn, wat later die lewe skenk aan Elizabeth I.
  • 1802 – Frankryk se Napoleon Bonaparte word president van die Italiaanse republiek.
  • 1915 – Die uitvinder van die telefoon, Alexander Graham Bell, wy die Amerikaanse transkontinentale telefoondiens in.
  • 1942 - Thailand, ’n geallieerde van Japan, verklaar oorlog teen Brittanje en die Verenigde State.
  • 1952 – ’n Krisis ontstaan tussen Frankryk en Duitsland oor die administrasie van die Saargebied.
  • 1959 – Brittanje onderteken ’n handelsooreenkoms met Oos-Duitsland; American Airlines begin die stralertydperk in Amerika met die eerste gereelde transkontinentale vlug van ’n Boeing 707.
  • 1961 – Amerika se pres. John F. Kennedy hou die eerste presidensiële nuuskonferensie wat direk oor die radio en op televisie uitgesaai word.
  • 1971 - Charles Manson en drie vroulike volgelinge word in Los Angeles skuldig bevind aan moord en sameswering in die hofsaak oor die moord op sewe mense in 1969, onder wie die aktrise Sharon Tate.
  • 1981 – Sowat honderd mense sterf, van wie meer as 30 se lyk nooit gekry is nie, toe die Buffelsrivier ’n groot deel van Laingsburg wegspoel ná ’n wolkbreuk in die Karoo.
  • 1989 – Kambodja se premier Hun Sen verwerp die voorstel vir ’n internasionale vredesmag in sy land.
  • 1992 – Rusland se pres. Boris Jeltsin sê Rusland sal Amerikaanse stede nie meer met kernmissiele teiken nie.
  • 1994 – Michael Jackson skik ’n hofsaak oor die molestering van ’n jong seun sonder dat hy skuld erken. Volgens die seun se prokureur is die kind “baie gelukkig” met die voorwaardes van die skikking.
  • 1995 – Jode uit alle wêrelddele keer terug na Auschwitz-Birkenau, die Nazi’s se grootste strafkamp. Sowat 1,5 miljoen mense het daar gesterf voor die kamp 50 jaar tevore gesluit is.
  • 1997 – ’n Sikloon tref die eiland Madagaskar en veroorsaak oorstromings waarin honderd mense vermis raak en duisende haweloos gelaat het.
  • 1998 – Die pous hou ’n diens oor die voordele van die demokrasie in Havana, Kuba, terwyl die diktator Fidel Castro in die gehoor is.
  • 1999 – ’n Aardskudding vernietig ’n area in Colombië waarin koffie gekweek word. Ten minste 940 mense sterf en derduisende word haweloos gelaat.
  • 2002 – In ’n oefenlopie vuur Indië suksesvol ? intermediêre-reeks ballistiese missiel af wat ’n kern Warhead kan dra. Pakistan, wat langer as ’n maand betrokke is by ’n grensgeveg met Indië, beskryf die toets as uitlokking.
  • 2011 – Die eerste minister Wladimir Poetin sweer wraak oor die selfmoordbomaanval op ’n Moskouse lughawe waarin 35 mense dood is. Sy houding van onverdraagsaamheid teenoor terrorisme het sy mag geknou en dodelike aanvalle in Rusland laat toeneem.