Drie inwoners van Prins Albert vertel die oorblywende spanne hoe dit in die ou dae gedoen is en die kontemporêre sjef Richard Carstens, van die Tokara-restaurant buite Stellenbosch, kom wys die Kokkedore hoe om hul koshorisonne te verbreed met sy avontuurlike variasie op bobotie.

Basaarkerrie, afval en kweperbredie moet die deurslag gee oor wie in die eindronde gaan kook. ’n Heerlike verrassing wag ook op hulle met hul familielede wat saam aansit in die restaurant African Relish.

Besoek ook:

- Foto's van episode 12