Vanaand op die kassie:

17:30 EkoStyl (kykNET): Met die afbreek van ’n paar mure en die begin van die nuwe struktuur, dink Braam dis ’n goeie idee om te gaan kyk na ’n inspirerende tuin of twee.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Isabel se spanning vererger toe sy weer ’n geheimsinnige geskenk ontvang.

19:00 Two Broke Girls (M-Net): Max vra Sophie moet sy vennoot in die kolwyntjie-onderneming wees. Caroline en Sophie stamp gou kop oor hul visie vir die maatskappy.

19:30 Thomas@ (kykNET): Reeks begin. Dié reeks is gegrond op die gewilde jeugromanreeks deur Carina Diedericks-Hugo. Dit is die verhaal van Thomas en sy boesemvriende, Hannes, Thabo, Lukas en Lilian Jantjies in hul groentjiejaar aan die Hoërskool Leeukop.

20:00 30 Rock (SABC 3): Jack probeer diversiteit aanvaar sodat hy ’n Kongreslid tevrede kan stel. Jenna probeer Kenneth help om sy werk terug te kry.

Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.