2011_12140018

Finished car

Ná sy militêre opleiding 50 jaar gelede het hy die R45 spaargeld van sy weermagsalaris geneem en ’n 10 jaar oue Fiat Topolino gekoop. Hy het langer as ’n jaar gewerk om die motor te restoureer.

“Ons het vele jare daarmee gery, maar met die koms van ons kinders was daar nie plek agter die sitplek vir die wiegie nie. Die owerheid het aangedring op ’n motor met vier deure,” vertel Ron. So het sy paadjie met die geliefde kar geskei.

Ron het egter in 2011 ’n Fiat Topolino op ’n veiling gekoop. Twee en ’n half jaar en R120 000 later, het hy weer lewe gegee aan dié motor wat hy uit ’n skuur op ’n plaas gaan red het.

Hy het die hele proses gedokumenteer op ’n blog met 20 hoofstukke en meer as 100 foto’s. As jy na die foto’s wil kyk, kan jy Ron direk kontak by ronassoc@iafrica.com.

“Daar is vier van ons wat besig is om 1953-Fiat 500’s ( Topolino’s ) te restoureer. Ons is almal afgetree en hou ons uit die kattekwaad deur die restourasies te doen,” skerts Ron.

-Roxanne Eastes