Waar het jy grootgeword?

Ek het in Seepunt, Kaapstad, grootgeword. Ek het twee ouer susters, Lauren en Tamara. Hulle is 12 en 13 jaar ouer as ek. Ek is die laatlammetjie. My ouers (Ian en Audrey) sê ek was ’n aangename verrassing.

Is jy die enigste aktrise in die gesin?

My suster Lauren is ook ’n aktrise.

Wanneer het jy besef jy wil ’n aktrise word?

Toe ek drie was, het Lauren Rizzo gespeel in haar skool se produksie van Grease: The Musical. Ek was tydens een van die repetisies saam met almal op die verhoog en het agterna reguit na my ouers toe gehardloop en gesê ek wil ’n aktrise wees.

Vertel meer oor jou rol in Spud 2.

My karakter, Christine, word net iewers in die tweede boek genoem, maar hulle het steeds vir my fliektonele geskryf. Christine is stout en vurig. Sy hou van ouens, maar het veral ’n ogie op Spuddy.

Wie was jou beste pel op die stel?

Almal. Die Spud-akteurs is een groot, gelukkige familie. Ons is almal baie geheg aan mekaar.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek hou van sing, dans en teken, om tyd met vriende en familie deur te bring, ek doen bikram-joga en probeer ’n gimsessie inpas (want ek is baie lief vir koek!).

Na watter liedjies luister jy op die oomblik?

Ek is mal oor die klankbaan van The Great Gatsby. A Little Party Never Killed Nobody (All We Got) en Bang Bang (will.i.am) is ongelooflik koel. Ek hou ook van Get Lucky deur Daft Punk en Pharrell Williams.

Wie is jou rolmodel of inspireer jou?

Charlize Theron, om ooglopende redes. Ek hoop regtig ek kry eendag die kans om saam met haar te werk.

Wat is volgende?

Ek het pas klaar verfilm aan Young Ones, ’n Amerikaanse wetenskapsfiksieprent, en het die geleentheid gehad om teenoor Elle Fanning, Nicholas Hoult, Kodi Smit-McPhee en Michael Shannon te speel. Dit was ongelooflik. Ek skiet in Junie/Julie aan twee flieks: Spud 3 en nog ’n plaaslike fliek, Echo Beach, waarin ek die hoofrol speel.

Het jy op die stel van Young Ones saam met Elle Fanning uitgehang?

Ja, ons was dikwels saam! Sy is baie oulik en plat op die aarde. Sy laat my aan reënboë en eenhorings dink. Sy is baie lank en volwasse vir ’n 15-jarige. Ek het dikwels vergeet hoe oud sy is, maar sy het elke dan en wan goed gesê soos: “Ek kan nie wag om met my poppe te speel nie!” Dit was baie oulik.

Wat was jou beste en slegste vakke op skool?

My gunsteling-vak was biologie. Ek was nie mal oor Afrikaans nie, maar het hard gewerk en in matriek ’n A-simbool gekry.

Het jy enige versteekte talente?

Ek kan met my tong aan my neus raak en my vuis in my mond laat pas, maar ek is nie seker of dit as talente tel nie! (Lag.)

Het jy ’n bynaam?

My vriende noem my Scrat – dis daardie mal, akkerbehepte eekhoring in Ice Age. Blykbaar trek ons dieselfde snaakse gesigte.

Waaraan is jy heeltemal verslaaf?

Kolwyntjies. En grondboontjiebotter.

Wat sou jy wees as jy nie ’n aktrise was nie?

’n Feetjie.

Wie dink jy moet jy in ’n fliek oor jou lewe speel?

Ek is mal oor Chloë Moretz!

PRETFEIT

Die Suid-Afrikaanse modelle Kerry en Tracy McGregor is haar niggies!