Sy is net 17 jaar oud en het reeds haar tweede album uitgereik. Haar volwasse stem voer ons mee, maar ons weet eintlik bitter min van die sangeres. Wil jy meer uitvind? Lees verder . . .

V. Watter musikant inspireer jou?

A.Tracy Chapman.

V. Gunsteling TV-reeks?

A. The Vampire Diaries.

V. Rondom watter bekende het jy ongemaklik gevoel?

A. Ek dink dit was dalk Ed Sheeran. Dis nie dat ek verlief op hom was nie, maar ek was nogal senuweeagtig en in vervoering en het nie eintlik geantwoord toe hy met my praat nie.

V. Gunsteling-fliek?

A. The Shawshank Redemption.

V. Wat is jou geheime ambisie?

A.Om ’n haarkapper te wees.

V. Is daar ’n liedjie waaroor jy dol is wat jou ouers nie kan verdra nie?

A. One Direction of Justin Bieber se musiek. Hulle luister nie daarna nie, maar ek en my suster is mal daaroor. My gunsteling Justin Bieber-liedjie is Boyfriend.

V. Jy kan nie die huis verlaat sonder . . .

A. Musiek!

-Faiza Mallick

Bronne:

www.ariacharts.com.au, www.dailymail.co.uk