Suid-Afrika se gunsteling-TV-boskok, Justin Bonello, het vroeër vandag saam Malcolm Mycroft, die hoofbestuurder van bemarking by Pick n Pay, die land se top-15 braaispanne vir vanjaar se tweede seisoen van Ultimate Braai Master aangekondig.

Malcom en Justin het regstreeks op SABC3 se ontbytprogram, Expresso, die voorste 14 spanne bekendgemaak asook een span wat as promotorskeuse uit die nasionale groep van 45 finaliste gekies is.

“Pick n Pay is ’n gesinshandelsmerk met ’n trotse geskiedenis van plaaslike ondersteuning en is veral opgewonde oor hoe Suid-Afrikaners op die wedstryd se tweede seisoen gereageer het, en beïndruk met die talent en oorspronklikheid wat by elkeen van die streeksoudisies teenwoordig was,” sê Malcolm Mycroft, Pick n Pay se hoofbestuurder van bemarking.

Die 2013-spanne wat Suid-Afrika se taaiste buitelug-werklikheidskookwedstryd gehaal het, sluit in:

  1. Span Coal Play: ’n Paartjie van Kaapstad, Wes-Kaap, braaimeester Kate George en braaimaat Jonno Proudfoot.
  2. Span West Coast Bros: Broers van Lambertsbaai, Wes-Kaap, braaimeester Etienne Gersbach en braaimaat Hein “Karl” Gersbach.
  3. Span Boerie Brothers: Al 16 jaar lewensmaats, van McGregor, Wes-Kaap, braaimeester Collin du Plessis en braaimaat Matt Bronkhorst.
  4. Span Quince Cooks: Getroude paartjie van Observatory, Wes-Kaap, braaimeester Quenten Alberts en braaimaat Sandy Alberts.
  5. Span Kasi Guys: Neefs van Ga Rankuwa, Gauteng, braaimeester Martin Sebelebele en braaimaat Ziza Masemola.
  6. Span YingYang: Verloofde paartjie van Pretoria, Gauteng, braaimeester Shaun Cavanagh en braaimaat Samantha van Niekerk.
  7. Span Mojo: Getroude paartjie van Johannesburg, Gauteng, braaimeester Ashok Naidoo en braaimaat Jolene Arries Naidoo.
  8. Span GoodBetterBraai: Langafstand-paartjie van Port Nolloth, Noord-Kaap en Windhoek, Namibië, braaimeester Jacques Bester en braaimaat Nadia Botha
  9. Span Spectacular: Vriende van Johannesburg, Gauteng, braaimeester Nonkululeko Zibuyile Zondo en braaimaat Lebo Thebe.
  10. Span Huiskombuis Boys : Vriende en lewensmentors van Kaapstad, Wes-Kaap, braaimeester Kyle Hodgson en braaimaat Rudy Gibbons.
  11. Span Berry Bright Food Fanatics: Ma en dogter van Robertson en Ashton, Wes-Kaap, braaimeester Nicole Buirman en braaimaat Suzanne Nel.
  12. Span Sumting Fresh: Vriende van Ennerdale, Gauteng, braaimeester Andrew Leeuw en braaimaat Nomthandazo Sithole.
  13. Span Braaight Brothers: Broers van Kaapstad, Wes-Kaap, braaimeester Tomas Cunnama en braaimaat Daniel Cunnama.
  14. Span Smoke Sweat & Tears: Vriende van Vishoek, Wes-Kaap, braaimeester Chris Kastern en braaimaat Simon Good.

Pick n Pay se promotorskeuse, Darkies Unleashed, verteenwoordig deur die braaimeester Thabiso Motloung, ’n interne ouditeur en sy finansiële ontleder en braaimaat, Motebejane Mofokeng, albei van Katlehong in Gauteng, sluit by die 14 spanne aan.

 Klik hier vir 'n galery met die spanne se foto's.