Donderdag 9 Oktober

[caption id="attachment_85380" align="aligncenter" width="600"]Die Delicious Foodies, Brigitte en Lynn Leclercq. Die Delicious Foodies, Brigitte en Lynn Leclercq.[/caption]

Dogter en ma Brigitte (24) en Lynn Leclercq (48) van Gordonsbaai wou ook as die Delicious Foodies net van die stadslewe wegkom. Maar ongelukkig vir dié twee spanne moes hul ondersteuners verlede week in die vierde episode sien hoe die beoordelaars hulle uitskakel.

En Donderdagaand spat nog ’n span se drome aan skerwe. Wie sal dit wees? Kyk om 20:30 op e.tv na die vyfde episode van Ultimate Braai Master om uit te vind.

In dié episode, getiteld The Noble Bird, vertrek die oorblywende spanne van die Cederberg na Noup aan die Weskus, waar hulle onder groot druk binne twee uur vyf verskillende hoendergeregte moet berei.