. Hier word hulle in vyf groepe van drie spanne elk opgedeel, en nadat hulle ’n onverwagte avontuur op die Breërivier beleef het, hergroepeer die groepe en sê mekaar die stryd aan in ’n spanningsvolle uitdaging met vis. Deelnemers wat nie ’n gourmet-gereg kan berei nie, moet aan ’n uitskakel-uitdaging deelneem, en die eerste span word uitgestem. Wie sal dit wees? Ultimate Braai Master word om 20:30 op e.tv uitgesaai.

Hier is die 15 spanne wat die uitdagings die hoof gaan probeer bied:

SANTA ANNAS

Die sakevennote Piet Marais (29) en Frik Oosthuizen (24) het ingeskryf vir die kans om ’n ruk weg te kom van die dolle stadslewe. Terwyl braaimeester Piet wel teleurgesteld is dat hy die Wes-Kaapse wildesampioenseisoen misloop en braaimaat Frik sy meisie en hond gaan mis, het hulle groot drome sou hulle wen. Hulle wil onder meer hul onderneming finansier en geld aan die Renosterfonds skenk.

BRAAI DUKES

[caption id="attachment_83895" align="aligncenter" width="600"]Kevin Jonas van Braai Dukes wys wat hy op ’n oop vuur kan doen. Kevin Jonas van Braai Dukes wys wat hy op ’n oop vuur kan doen.[/caption]

Die neefs Milani Mohloti (21) en Kevin Jonas (21) is twee uiters gemotiveerde studente van Durban wat ’n restaurant wil oopmaak as hulle wen. Hul leuse is: “As iets die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om reg te doen.” Tog erken hulle om op afgeleë plekke en in moeilike omstandighede te braai gaan die moeilikste uitdaging wees.

BUSHIES GONE WILD

Sherwyn Weaich (24) en Zane Jacobs (36), twee vriende van Durban, het vir die derde seisoen van Ultimate Braai Master ingeskryf omdat hulle lief is vir kos, goeie geselskap en omdat hulle ’n oog het op die prysgeld! Sherwyn sê niks aan die kompetisie skrik hom af nie, maar Zane erken die onbekende maak hom nogal skrikkerig.

ALA MOFEPE

Die Pretoriase sjefs Freddy Buyane (43) en Jabu Mahlangu (33) is albei groot Jamie Oliver-aanhangers, en hulle glo hul deelname aan die kompetisie gaan hul vaardighede help slyp en hulle so suksesvol soos hul held help raak. Met dit as motivering, het dit sin hul leuse is: “Vaardigheid, smaak en karakter.”

TIKKA BOYS

Die Kaapstadse vriende Mohamed Yusuf Sujee (26) en Stephen Nandes (26) is albei junior sous-sjefs met groot drome. As hulle wen, wil Yusuf graag ’n restaurant open, terwyl Stephen wil reis en sy gesin bederf. Hul leuse is: “Moet nooit brand sê nie,” en ons hou duim vas hulle hou daarby!

SIMPLY SISTERS

Moenie jou daardeur laat flous dat twee vroue aan Ultimate Braai Master deelneem nie, want Busisiwe Dhladhla (32) en Thembeka Ngcobo (31) het ingeskryf met die oog op die titel; hul leuse is immers: “Doodkry is min.” Hul helde is twee sterk vroue, Oprah Winfrey en prinses Diana. Hou dié span dus maar fyn dop, al sê braaimeester Busisiwe sy sien op teen visvang.

KAIINGS AND AFVAL

Die Johannesburgse paartjie Tippie Enslin (43) en Santie Mostert (43) is albei passievol oor die natuur en kos. Braaimaat  Santie sê sy gaan haar bed en ondervloerse verhitting die meeste mis; Tippie gaan weer na sy honde verlang.

SMOKEY AND THE BANDIT

[caption id="attachment_83897" align="aligncenter" width="600"]Barend (31) en Lente Deminey (26), twee sibbe van Durban, van Smokey and the Bandit, se mantra is “Jy gaan nooit weet nie, tensy jy dit probeer”. Barend (31) en Lente Deminey (26), twee sibbe van Durban, van Smokey and the Bandit, se mantra is “Jy gaan nooit weet nie, tensy jy dit probeer”.[/caption]

Barend (31) en Lente Deminey, sibbe van Durban, se leuse is: “Beproef alles,” en dis presies wat hulle gedoen het. Hulle het ingeskryf om te sien waartoe hulle in staat is, nuwe uitdagings te beproef en die onbekende te verken. As hulle wen, wil Braai Master Barend die geld vir sy kinders se studie gebruik. Braaimaat Lente wil Antarktika besoek.

DELICIOUS FOODIES

[caption id="attachment_83896" align="aligncenter" width="600"]Die span Delicious Foodies, Brigitte Leclerq en haar ma, Lynn, is al ma-en-dogter-span wat die top-15 gehaal het. Die span Delicious Foodies, Brigitte Leclerq en haar ma, Lynn, is al ma-en-dogter-span wat die top-15 gehaal het.[/caption]

Braaimeester Brigitte Leclerq en haar ma, Braai Buddy Lynn (48), is al ma-en-dogter-span, en beplan om hul leuse: “Eet lekker, lag baie en hê baie lief,” uit te leef. Hulle meen die moeilikste deel van die kompetisie gaan wees om onbekende geregte op ’n oop vuur te berei.

TEAM TENACITY

Die Kaapse paartjie Rod Hemphill (60) en Lesley Verhoef (59) het vir Ultimate Braai Master ingeskryf omdat hulle lief is vir avontuur. Terwyl hulle meen die moeilikste deel van die kompetisie is om kalm te bly terwyl die ander kop verloor, dink braaimaat Lesley die wag terwyl die beoordelaars ’n besluit neem, is dalk moeiliker.

SUGAR AND SPICE

Beste vriende Celeste Raynard (47) en Chantal Geerdes (43) is albei ewe lief vir kos en reis. Hul leuse is: “Deur dik en dun, siekte of sonde.” Hulle maak nou reg vir die groot toets – van hul kookvernuf, fiksheid, intellek, integriteit tot die onbekende verken.

TONG IN CHEEK

Die vriende Penny Rider (55) en Dee McCool (55), onderskeidelik van Johannesburg en Kaapstad, sê hulle is “hier om te wen”, en as dit so gebeur, gaan hulle die prysgeld gelykop deel. Braaimeester Penny wil ’n koswa op die been kry sodat sy gesonde organiese kitskos kan verkoop.

THE FIRE FEEDERS

Die eerste en enigste span van Port Elizabeth in die top-15, die vriende Stuart Smith (42) en Bretton-Anne Moolman (45), sê hulle is reg vir die uitdaging. As hulle met die louere wegstap, wil Stuart sy deel gebruik om ’n rondreisende koswa op die been te bring sodat hy die land kan deurreis, en Bretton-Anne wil ’n motor koop.

WESKUS BRAAIERS

Die vriende John Stewart Grundlingh (35) en Bruno Julian Mori (34) van die Weskus het ingeskryf vir hul liefde vir braai en ter nagedagtenis aan hul vriend wat ’n jaar gelede oorlede is. “Moet nooit tou opgooi nie, en lewe voluit,” is hul leuse. Julian sê hy gaan branderplankry en visvang die meeste mis, terwyl John sê hy gaan die meeste na sy vrou verlang (al bieg hy, dit is dalk die veiligste antwoord!).

MIX MASALA

Die plaasstalbestuurder Sujith Singh (40) en die troubeplanner Prishen Maharaj (31) kom albei van KwaZulu-Natal. Hul leuse is: “Begin nou kook om stres te verminder”, maar hulle erken die grootste uitdaging is dalk die verassings wat op hulle wag en dat hulle net sekere bestanddele kan gebruik.