Hierdie organisasie is op 4 Augustus 2010 deur Nadine Voyiatzakis geskep ter nagedagtenis aan baba Renee Maree.

Baba Renee is op 10 Mei 2010 met leukemie gediagnoseer toe sy slegs vyf maande oud was. Sy het op die ouderdom van 6 maande op 28 Junie 2010 gesterf.

Nadine het Angels without Wings gestig nadat sy besef het daar is ‘n geweldige tekort aan bystand aan gesinne wie se kinders terminale siektes het.

Angels without Wings gee aan hierdie gesinne hoop en wys dat daar steeds mense is wat omgee.

As jy op enige manier die Angels without Wings-projek wil of kan ondersteun stuur asseblief ‘n e-pos aan nadine@angelswithoutwings.co.za of sluit aan by hul Facebookgroep. Donasies kan ook gemaak word deur die letters AWW na 38008 te SMS. (LW: Kostes beloop R10 per SMS) Klik hier om hul webtuiste te besoek.  Hoem om jou organisasie te nomineer: Ons wil weekliks ‘n persoon, gesin of organisasie uithelp met ons nuutste Ubuntu-inisiatief op ons Facebookblad. Elke Dinsdag sal ons ‘n tydjie afstaan waar ons ‘n bewusmakingsveldtog op ons Facebookblad sal publiseer om ‘n waardige saak te help. HIER IS DIE PRESIESE INSTRUKSIES: As jy ‘n saak het wat jou na aan die hart lê of dringend bewustheid benodig vir jou liefdadigheidsorganisasie kan jy vir ons ‘n e-pos na web@huisgenoot.com stuur en ons sal jou kontak. BAIE BELANGRIK: Heg jou kontakbesonderhede ook by die e-pos aan. Om veilgheidsredes kan GEEN inskrywings via Facebook gedoen word NIE. Slegs inskrywings wat via e-pos ontvang word sal oorweeg word. Moet dus nie jul versoeke op ons Facebookmuur publiseer of in die kommentaar-afdeling skryf nie.