Vanaand se TV-rooster:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Isabel wil vasstel of daar iemand in haar woonstel was en of die persoon dalk steeds daar wegkruip.

18:30 Binneland (kykNET): Quinton, Tertius en Daleen se emosies skep ’n atmosfeer. Okkie besluit om ’n vriendskapshand uit te steek.

19:30 Liefste Kayla (kykNET): Reeks eindig. Monja is heeltyd moeg en glad nie haarself nie. Sy is bekommerd, tot Oupa Frank haar hospital toe neem en hulle besef dat die nuus glad nie so sleg is nie.

20:00 30 Rock (SABC 3): Liz vind uit ’n man in die maatskappy versprei gerugte oor haar. Jack begin advies-video’s vir sy ongebore seun opneem. Kenneth wil wys hy het ’n lewensdoel.

22:30 Law & Order (SABC 3): Die ontdekking van ’n hondegevegklub lei tot die ondersoek na een van die deelnemers se vrou wat vermis geraak het.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.