Vrydag 1 November

  • Michael Bublé TV Special, SABC3, 20:30: Wat ’n wonderlike manier om die naweek mee te begin! Michael is nie net ’n fantastiese sanger nie, hy is ook wonderlike verhoogkunstenaar en die program beloof om spesiaal te wees. Kry vir jou ’n sjokolade en maak jou gemaklik vir ’n uur van dié sanger se geliefdste liedjies.
  • Donkerland, kykNET, 22:00 (herhaling): Johan en Mtonga moet verantwoording doen vir hul hardkoppige gedrag, wat die toekoms van Donkerland bedreig. Francois se nuwe vriend, Sizwe, leer hom ’n paar dinge van die plaas. Mariaan en Truida doen hul bes om vrede te maak met hul verlede en nuwe hoop te vind vir die toekoms.
  • Sleep-TV, kykNET, 21:00: Die verloofde paartjie Beáte Olwagen en John-Henry Opperman bied dié reeks aan. Mense onthou John-Henry dalk as die sanger van Klopjag en hy speel in die fliek Musiek vir die Agtergrond. Vir hul volgende bestemming besoek die span ’n warmwaterbron en gesinspretpark. Dis seker lekker om verlief te wees en saam te kan kampeer . . .

Saterdag 2 November

  • Sherlock Holmes, SABC3 19:30: Robert Downey jr. is skitterend as die legendariese speurder, met Jude Law as sy helper, dr. Watson. Die regisseur, Guy Ritchie, het deurgeloop omdat hy Holmes eerder as ’n aksieheld uitgebeeld het as die klassieke ondersoeker wat ’n mens sou verwag het, maar een ding is seker – dis ’n vermaaklike fliek!

Sondag 3 November 

  • The Amazing Spiderman, M-Net Showcase (kanaal 108), 11:00: Soek jy iets om die kinders ’n rukkie mee besig te hou? In hierdie rolprent vind Peter Parker ’n leidraad wat hom kan help verstaan wat met sy ouers gebeur het. Dit lei hom na ’n wetenskaplike wie se gevaarlike alter-ego die jong superheld se vermoëns toets. Met Andrew Garfield en Emma Stone. O13