Op die kassie vanaand:

17:30 Roer! (kykNET): Arno Jordaan sal dalk liewer sing of rugby kyk, maar vandag is peri-peri-hoenderlewers, hoenderpasta en sy eie tuisgemaakte cassata op die spyskaart.

18:30 Binneland (kykNET): Franz gee Bea ’n opdrag rakende Morné, en Charnay stel At aan ’n “nuweling” voor. Almal is bekommerd oor Quinton, en Janneke het ’n geskenk vir ’n pasiënt.

19:00 The New Normal (M-Net): Rocky en Jane help Shania om op te tree teen ’n groepie ongeskikte meisies.

20:30 Arrow (M-Net): Oliver moet ’n dwelmhandelaar genaamd The Count probeer keer voor hy ’n dwelm met die naam Vertigo versprei.

22:00 Medium (SABC 2): Allison droom van ’n tienermeisie wat in ’n brandende vertrek vasgekeer is. In haar tweede droom sien sy hoe ’n brandweerman die meisie red en sy is rustiger oor die saak, maar dan kry sy ’n derde droom.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.