Vrydag

Linewatch

e.tv 20:30

’n Bendelid wat grenspatrollie-polisieman geword het, word ten spyte van sy pogings om nie weer misdaad te pleeg nie, teruggesleep in die onderwêreld. Sy gewese bende spoor hom op en wil sy nuwe loopbaan gebruik om hul dwelmsmokkelary te vergemaklik. En weier hy om hulle te help, gaan sy gesin met hul lewe boet.

One in the Chamber

SABC1 22:00

’n Huurmoordenaar dink hy het die volmaakte doel bereik as hy vir albei kante kan werk in ’n oorlog onder die Russiese gepeupel. Maar hy verwag nie dat sy werkgewers van sy bedrog gaan uitvind en saamsweer om hom om die lewe te bring nie, of ten minste gaan probeer nie.

RoboCop: Dark Justice

e.tv 22:20

RoboCop, die half mens, half bioniese mens, is op soek na korrupte staatsamptenare. En hy gaan volhard tot hy hulle een-een op hul knieë gedwing het in sy poging om sy geliefde stad op te ruim.

Saterdag

Taxi

e.tv 19:30

’n Sukkelende New Yorkse polisieman kry sy groot deurbraak met ’n nuwe saak waarby bankrowers betrokke is wat met motors resies jaag. En wie kom tot sy redding? ’n vroulike New Yorkse huurmotorbestuurder wat nie net daarvan droom om ’n resiesmotor te bestuur nie, maar ook die vaardighede en wiele het om dit te doen.

The Maiden Heist

SABC1 20:00

’n Drietal ouerwordende wagte by ’n museum kom aan die einde van hul loopbaan en word aangesê om hul pos te ontruim. Daar is egter nog een klein takie wat hulle moet verrig voor hulle hul uniform vir oulaas ophang: Hulle moet hul geliefkoosde kunsstuk by hul werkgewer steel.

2 Fast 2 Furious

SABC3 21:30

’n Oudpolisieman wat straatrenjaer geword het, sit af Miami toe en sluit weer in die geheim by die polisie aan. Hierdie keer span hy saam met ’n vriend uit sy kinderdae. Hul taak? Om ’n ander geheime polisieman te help om ’n dwelmbaas en sy misdaadryk tot ’n val te bring.

Sondag

Pastor Brown

SABC1 20:00

’n Danseres keer terug van die groot stad na haar geboortedorp om haar sterwende vader by te staan. Maar hy is salig onbewus dat sy ’n ontkleedanseres is. En sy weet nie dat hy van haar verwag om sy pos as leier van die plaaslike kerk in te neem nie!

Takers

e.tv 20:00

’n Span bankrowers voer ’n geslaagde megarooftog uit. Hulle dink hulle het skotvry daarvan afgekom, maar daar wag ’n verrassing: twee rateltaai speurders wat nie omgee vir ’n paar stampe en kneusplekke terwyl hulle jag maak op die skelms nie.

Interstellar

M-Net 20:05

In ’n toekomstige wêreld gee Nasa ’n oudloods wat boer geword het, opdrag om ’n nuwe planeet op te spoor. Die aarde is sterwend en hy wil hê sy dogter moet in ’n nuwe wêreld kan leef, maar die loods se avontuur is nie wat dit veronderstel was om te wees nie, soos hy eers uitvind nadat hy in die ruimte gelanseer is.