Vrydag

Boa vs. Python

e.tv 20:30

Dis weer tyd vir ’n goedkoop Vrydagaandfliek. Wat is nou koeler as ? B-klas-aksiefliek in die wetenskapsfiksie-kategorie? En twee enorme luislange, in ? geveg gewikkel tot die dood? Niks. Moet dit nie misloop nie.

Wrongfully Accused

SABC1 22:00

? Sukkelaar word vals by ? misdaad betrek, maar voor hy vasgetrek kan word, moet hy die enigste getuie gaan soek wat sy onskuld kan bewys. En daardie getuie behoort nie te moeilik te wees om op te spoor nie, aangesien hy net een arm, een been en een oog het.

A Walk Among The Tombstones

M-Net 22:30

Soms het selfs dwelmbase hulp nodig. Hierdie besondere een huur ? voormalige speurder om die mens te soek wat sy vrou ontvoer en vermoor het. Dit raak tyd vir afreken.

Saterdag

The Boxtrolls

M-Net 15:00

? Jong seun word deur klomp monstertrolle aangeneem wat in die stad se rioolpype woon. Jare later daag ? booswig op wat die trolle probeer uitwis. Nou is dit hul mensevriend se beurt om hulle te help en die booswig in sy spore te stuit.

Horton Hears A Who!

e.tv 19:30

Horton die olifant vind ? groep klein wesentjies wat op blomme bly. Terwyl sy vriende niks daarvan wil glo nie, weet Horton wat hy gesien en gehoor het. Hy moet ook die wesentjies beskerm teen hul bure wat daarop uit is om hul klein woning te vernietig.

What’s The Worst That Could Happen?

e.tv 21:20

Martin Lawrence keer terug na sy komediantdae – dié keer as ’n klouterdief. En nie sommer enige klouterdief nie. Hy word op heterdaad betrap en die huiseienaar steel sy gelukbringer-ring. Nou moet ons onnutsige held alles moontlik doen om sy ring by ’n gewetenlose sakeman terug te steel.

Sondag

The Fox & The Hound

SABC3 14:30

’n Mens kry nie ’n beter ouskool-tekenprent as hierdie aangrypende storie nie. En dis nie net vir kinders nie. Jy gaan hulle ? belangrike les leer terwyl jy sien hoe ? klein jaghondjie en ? babajakkalsie groot maats word, ondanks die feit dat hulle natuurlike vyande is.

Fast & Furious

SABC1 20:00

Dominic Toretto en Brian O’Connor is terug en hulle jaag soos waaghalse in nog ? Fast & Furious-fliek. Hierdie keer probeer hulle ? heroïen-dwelmbaas en sy operasie stuit voor hul ware identiteit uitgelek word. Trap die lepel diep in, manne.

Kingsman: The Secret Service

M-Net 20:05

? Gekwelde tiener kry eindelik die kans van ’n leeftyd. Hy word deur ? vriend van sy oorlede pa genader om by ? geheime organisasie aan te sluit, nes sy pa, en te help om ? dodelike terroris vas te trek.