Die Another Day

e.tv 20:30

Die Briste superspioen James Bond se Noord-Koreaanse gevangenemers laat hom vry as deel van ’n uitruilingsooreenkoms. Hy vertrek dan op ’n sending om sy nuwe Koreaanse aartsvyand op te spoor wat sy wêreldwye terreuroperasie met bloeddiamante finansier.

The Colony

M-Net 21:30

Die aarde is in ’n ystyd gedompel en mense kruip ondergronds weg in spesiale skuilkelders. Wat hulle nie besef nie, is dat die weer hulle nie gaan doodmaak nie; hulle gaan hul eie grootste vyande word!

Sniper 2

e.tv 23:15

’n Afgetrede skerpskutter, wat sy moordenaarslewe agterweë gelaat het, word weer in diens geneem vir ’n laaste opdrag. Hy word gevra om ’n wrede militêre diktator dood te maak – en iets wat dié skerpskutterheld veral nie kan weerstaan nie, is om van ’n bose skurk ontslae te raak.

Saterdag

Percy Jackson & The Olympians: The Lightning Thief

e.tv 19:30

Die jong Percy Jackson vind uit hy is die seun van ’n Griekse god en het spesiale magte. Maar daar is ’n vangplek: hy word vals daarvan beskuldig dat hy Zeus se weerligstraal gesteel het en moet ’n avontuur onderneem om sy naam in ere te herstel, natuurlik met die hulp van sy vriende.

Iron Jawed Angels

SABC2 20:30

’n Groep aktiviste span saam en vat die Amerikaanse regering aan. Hul doelwit? Om met elke greintjie van hul energie te veg vir stemreg vir vroue in die “land van die grotes en vryes”.

Project X

e.tv 21:55

’n Tiener probeer sy gewildheid by die skool ’n hupstoot gee toe sy ouers weggaan – en dit beteken net een ding! Die grootste, mees onbeheersde partytjie van alle tye. Die pret hou eers op toe hulle letterlik die buurt afbrand.

Sondag

The A-Team

e.tv 20:00

’n Groep elite-weermaglede word beskuldig van ’n misdaad wat hulle nie gepleeg het nie. Hul oplossing? Hulle gebruik natuurlik hul kennis om die man op te spoor wat vir die misdaad verantwoordelik was . . . en bring hom voor die gereg.

Gone Girl

M-Net 20:05

’n Oënskynlik volmaakte egpaar word uitmekaargeskeur toe die vrou verdwyn. Skokkender nog is die feit dat die polisie ’n oog op die man hou, want hy is hul hoofverdagte.

Legends Of The Fall

e.tv 22:25

’n Pa kies om sy seuns in die wildernis van Montana groot te maak, waar hulle verwyder is van die euwels van die stad en oor ’n skoon lewe kan leer. Wat die man nie in ag neem nie, is dat die seuns op dieselfde vrou sal verlief raak . . .