Vrydag

The Swan Princess: Escape from Castle Mountain

e.tv 14:00

Die swaneprinses en haar prins is op die punt om hul eerste huweliksherdenking te vier. Maar daar is ’n probleem: Die booswig in die koninkryk wil hul feesvierings in die wiele ry met ’n bose nuwe plan om die land oor te neem.

We Were Soldiers

SABC1 22:00

Hierdie drama, grond op ’n ware verhaal, handel oor die oorlog in Viëtnam en die uitwerking wat dit op die Amerikaanse soldate gehad het. Die meeste van hulle het trouens skaars hul tienerjare agtergelaat toe hulle vuurwapens gekry het, op ’n vliegtuig geplaas en na die Verre-Ooste gestuur is om hul land te verdedig.

Kingsman: The Secret Service

M-Net 22:30

’n Tiener van die onderdorp vind dat sy lewe nie so hopeloos is soos hy gedink het nie. Sy oorlede pa was ’n vermaarde spioen en sy intelligensie en vaardighede as spioen is na sy seun oorgedra, en ons jong held kry nou kans om dit te gebruik, want hy moet die wêreld red van ’n bose tiran.

Saterdag

Amelia Earhart: The Final Flight

SABC3 19:30

Amelia Earhart was nie net ’n pionier vir vroue in lugvaartkunde nie; sy was ’n baanbreker in die lugvaartkunde self. En om haar vaardigheid te toets, het sy om die wêreld probeer vlieg. Die probleem is net dat daar nooit weer van haar gehoor is nadat sy met haar epiese vlug begin het nie.

Doctor Doolittle

e.tv 19:30

’n Gerespekteerde dokter dink hy verloor sy varkies toe diere met hom begin praat. En des te meer: Hulle verstaan hom wanneer hy antwoord! Is hy van sy sinne beroof? Nee, hy is maar net Doctor Doolittle, die redder van siek diere wêreldwyd.

The Fast & The Furious: Tokyo Drift

SABC3 21:30

’n Gekwelde tiener in Texas word Tokio toe gestuur om by sy streng pa te gaan woon. In plaas van dissipline tuis en by die skool, raak hy betrokke by drywende motors en kry saligheid deur middel van onwettige straatwedrenne.

Sondag

xXx

e.tv 20:00

’n Ekstremesportslaaf word gehuur om ’n nuwe soort geheime agent te wees. Sy opdrag? Om in die geheim Rusland toe te gaan en uit te vind wat ’n nuwe terreurgroep beplan. Gaan hy suksesvol wees? Betree die Xander Zone en vind uit.

Hot Pursuit

M-Net 20:05

’n Oorversigtige polisieman kry ’n geheime nuwe opdrag: om die weduwee van ’n dwelmbaas te beskerm. Die booswigte wil die weduwee dood hê en die goeie ouens ook – nou is dit die polisieman-lyfwag se taak om seker te maak hulle misluk.

The Living Daylights

e.tv 22:35

’n Wêreldterroris val die aarde aan. Al mens wat die situasie kan red, is die nuwe geheime 007-agent, James Bond. En hy het ’n yslike klomp nuwe speelgoed om seker te maak dat die werk gedoen word.