Vrydag

Kermit’s Swamp Years

e.tv 14:30

Kermit die Padda het sy Muppet-vriende verlaat en hulle verruil vir ’n moeras-lewe. Maar dit raak te vervelig en hy besluit hy kort ’n avontuur . . . weg van die moeras af.

Money Train

e.tv 20:30

Twee broers wat as moltreinpolisiemanne werk, bevind hulle in ’n interessante posisie. Hoewel hulle gesweer het om wet en orde te handhaaf, kort hul huidige lewensomstandighede ’n bietjie aandag – die soort wat hulle met geld kan koop wat hulle uit een van die geldtreine op die moltreinspoor gesteel het . . .

Gladiator

Mzansi Magic 22:00

Romeinse soldate was allesbehalwe sissies – iets wat die nuwe keiser gaan uitvind wanneer hy sy pa vermoor, ’n hoogs vereerde generaal in sy leër verban en die generaal se gesin vermoor. Want hierdie soldaat gaan ’n swaardvegter word wat aansienlik gewilder en magtiger as die keiser self is.

Saterdag

An Accidental Christmas

SABC2 16:00

Niks is so hartseer vir kinders as wanneer hul ouers oor Kersfees uitmekaar is nie. Dis iets wat hierdie sibbe beoog om te verander deur hul ma en pa weer oor die feestyd bymekaar te probeer kry.

Beverly Hills Ninja

e.tv 19:30

Chris Farley, die eertydse groot grapjas, toon sy vaardighede as komediant met hierdie rol as onbeholpe weeskind wat deur ninjas in Japan aangeneem is. Nou, as volwassene, word hy op ’n geheime, gevaarlike sending Beverley Hills toe gestuur. Gelukkig volg sy hoogs ervare ninjabroer hom om seker te maak die sending slaag.

Les Misérables

SABC2 22:00

Een van die grootste letterkundige verhale word in hierdie moderne oorvertelling verwerklik met spelers soos Russell Crowe en Hugh Jackman. Ja, dit is die Gladiator en Wolverine van X-Men wat so al singende hulle weg baan deur 19de-eeuse Parys.

Sondag

The Odd Life of Timothy Green

SABC3 14:30

’n Kinderlose egpaar wil verskriklik graag ouers word, soseer dat hulle in werklikheid elke aand daarvoor bid. En dan word hul gebede verhoor toe ’n eienaardige klein seuntjie op hul voorstoep aankom en vir hulle meer bring as waarvoor hulle sou kon vra.

The Fast & the Furious: Tokyo Drift

SABC1 20:00

Paul Walker en Vin Diesel in nou wel nie in hierdie een nie, maar wat wel hierin is, is talle baie vinnige motors! Kyk hoe ’n gekwelde tiener uit Texas Tokio toe gaan om by sy pa in te trek en uit die moeilikheid te bly, maar dan reg in die middel van ’n swerwershemel beland.

Mr. & Mrs. Smith

e.tv 20:00

Net omdat mnr. en mev. Smith getroud is, beteken nie hulle het nie verborge geheime nie. Soos die feit dat hulle albei geheime sluipmoordenaars is. Dis iets wat hulle per ongeluk uitvind toe hulle hul nuwe opdragte ontvang: om mekaar dood te maak!