Vrydag 20 Junie

Delgo

e.tv (DStv-kanaal 194) 14:40

In dié prettige animasiefliek word ’n tienerseun gedwing om volwasse te raak nadat twee stamme se geveg sy woud bedreig.

44 Minutes

e.tv (DStv-kanaal 194) 22:30

Dit is mos nou aksie! En dis gegrond op ’n ware verhaal! Bankrowers in Los Angeles hou die polisie 44 minute lank terug met genoeg ammunisie om Rambo groen van jaloesie te maak. Hoe eindig dit? Iemand word geskiet.

Parker

M-Net (DStv-kanaal 101) 01:25

Wat is nou beter as ’n laatnagfliek met Jason Statham? In dié fliek steel hy sy geld terug van sy bende wat hom ná hul mislukte rooftog verraai het.

Saterdag 21 Junie

The Princess Diaries 2

SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

Anne Hathaway skitter as die prinses van ’n denkbeeldige Europese land. Maar daar is drama toe sy hoor sy moet trou om haar titel te kan behou, en sy het net ’n maand om haar prins te vind.

The Legend of Bagger Vance

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Will Smith verruil die wetenskapsfiksie vir gholfstokke. Hy speel Matt Damon se joggie, en dié se karakter sukkel met sy eie persoonlike probleme, terwyl hy aan een van die belangrikste toernooie van sy loopbaan deelneem.

The Impossible

M-Net (DStv-kanaal 101) 00:15

Die tsoenami in 2004 in Indonesië het honderdduisende mense se lewe geëis, en dit was iets om te aanskou. Toe maak Hollywood ’n fliek en Ewan McGregor en Naomi Watts is in die vloedwater se pad.

Sondag 22 Junie

Gambit

M-Net (DStv-kanaal 101) 05:30

Kom ons raak ’n bietjie kunstig met dié vermaaklike fliek. ’n Kunshandelaar is ontevrede met sy baas en vind ’n medepligtige wat ’n vervalsing verkoop van ’n skildery wat miljoene werd is. Dis nou wat ons wraak noem.

National Security

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Wil jy ’n bietjie lag? Martin Lawrence en Steve Zahn speel twee lomp veiligheidswagte wat mekaar haat, maar dit steeds regkry om ’n dwelmhandelaar te vang, terwyl hulle ’n pos in die Los Angeles-polisie probeer verdien.

Jack the Giant Slayer

M-Net (DStv-kanaal 101) 02:50

Ons ken almal die sprokie Jan en die Boontjierank. En hier is die fliek, kompleet met ’n prinses, mensvreter-reuse en van die beste spesiale effekte wat ons in ’n lang tyd gesien het.