Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Franco stel vir Kim teleur. Steek hy iets vir haar weg? Vince vertel vir almal hoe hy voel.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dis Louw se verjaarsdag en alles word weer te veel vir Marius. Hanna wonder hoekom Liam haar skielik op 'n afstand hou. Die jong manne gaan voort met hul planne om 'n besigheid te begin.

19:30 Clipped (M-Net): In hierdie snaakse komediereeks sien ons die daaglikse doen en late van 'n groep haarkappers en stiliste wat by 'n prettige haarsalon werk. In vanaand se episode dink AJ hy gaan opnuut top-bofbal speel, en Danni probeer weer 'n sanger wees.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen ontvang nuus oor die ongeluk en Herman wil sy broer se saak deeglik ondersoek. Lydia se briewe word onder 'n vergrootglas geplaas.'n Nuwe dokter word verwelkom en die waarheid oor Roelf word geopenbaar.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode begin Alicia se onderhoud op 'n slegte noot wanneer sy haar stem verloor.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Die voorbereiding en aanbied van 'n prestige wildveiling kom onder die vergrootglas as ons die Golden Breeders veiling by Castle de Wildt besoek. Plus ons kuier saam met Tom Miranda.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode het die vroue 'n seremonie waartydens hulle hul griewe uitgil, soos hul haat vir papaja.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode konfronteer Sammy vir Jamal oor die geld wat aan hom verskuldig is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.