Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Guys with Kids (M-Net): Toe die nuwe voorsitter van hul blyplek Nick verbied om sy Halloween-versierings op te hang, doen hy drastiese stappe.

18:30 7de Laan (SABC2): Daar is ’n dief in die Laan!

19:00 New Girl (M-Net Series Showcase): Toe ’n familielid van Nick sterf, gaan almal Chicago toe om hom met die begrafnisreëlings te help.

19:30 King & Maxwell (M-Net): DieFBI gryp in toe ’n Colombiaanse bende ’n seuntjie ontvoer.

20:30The Ultimate Braai Master (SABC3): Die dorpie Wakkerstroom in Mpumalanga is die vierde stilhouplek van die oorblywende deelnemers. Die 10 spanne kom te staan voor hul moeilikste uitdaging: hulle moet binne vier uur ’n viergangmaaltyd vir 80 gaste berei!

21:30 CSI (M-Net): Seisoen 13 eindig. DB Russell en sy span ondersoek ’n reeks moorde wat ooreenkom met die sondes wat in Dante se Inferno beskryf word. Morgan onderneem ’n gevaarlike, geheime sending om naby aan die moordenaar te kom.

21:30 Pretty Little Liars (M-Net Series Showcase): Die meisies is nie eintlik bly toe Mona uit die sanatorium vrygelaat word nie. Aria is geskok toe sy uitvind Meredith is ’n aflos-onderwyseres by die skool.

22:00 Supernatural (SABC3): ’n Woedende spook val mediums aan in Lily Dale, die mees okkultiese dorp in Amerika. Die broers moet vasstel wie die volgende slagoffer gaan wees.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.