18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef en Anthony sit vas oor Astrid, terwyl Sussie op ’n geheime sending is. Eben kom agter Marius voel wel iets vir Carina, maar dan trek ’n onverwagse besoeker sy aandag af. Nog iemand daag uit die bloute by die Villa op. Die groot vraag bly steeds: Gaan Fritz slaag in sy plan om van Wanda ontslae te raak?

18:00 Friends with better lives (M-Net): Die ouens is nie baie gelukkig met Andi wanneer hy vir Lowell saam nooi na die manne naweek toe nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno vertel Herman en Felicity iets skokkends.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Naomi besef waarom Zadie so naarstigtelik ‘n kêrel moet kry, en Margot probeer verduidelik hoekom sy die besluite neem wat sy doen. Sonja neem drastiese stappe om haar lewe in orde te kry.

19:30 Modern Family (M-Net): Die familie gaan saam met Phil Australië toe sodat hy sy ma se wens kan uitleef: dat hy sy geboorteland sien. Intussen loop Mitchell en Cameron ’n ou vriend raak wat hulle nie regtig wil sien nie.

19:30 Scandal! (e.tv): Kila ontvang skoknuus. ’n Onverwagte bron gee Mlungisi nuwe insigte oor familiekwessies.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie gesels vandeesweek met PG du Plessis. Hy praat oor sy kanker, die kortstondigheid van die lewe, vertel wonderlike staaltjies van sy dae saam met NP van Wyk Louw, en baie meer. Moet dit nie misloop nie!

20:00 Pasella (SABC3): Die Pasella-span wys vir ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Finch wil graag trou voor sy verloofde se eks-kêrel daarvan uitvind.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

21:00 Extreme Makeover: Home Edition (SABC3): ’n Span ontwerpers, bouers en selfs die bure het net sewe dae om ’n huis heeltemal nuut te bou nadat die ou huis heeltemal platgeskraap is.