18:00 Villa Rosa (kykNET):  Die manne is opgewonde oor hul pokeraand. Dis duidelik Wouter en Eben het planne van hul eie; is Marius en Stef opgewasse teen die aanslag? Marius en Carina maak vordering met Bakgat se Paasfees-kunstenaar.

18:30 7de Laan (SABC2): Bertus wonder of hy gekies gaan word vir die rugbyspan wat Argentinië toe gaan. Charmaine en David ontwikkel gevoelens vir mekaar.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET): Almal het ’n eier te lê oor Okkie en Ilse, terwyl Zadie en Wimpie drastiese stappe moet neem om Quinton by die koor te betrek. Tertuis moet noodgedwonge sy ma se hart breek.

19:30 About A Boy (M-Net): Will en Andy se aand uit verloop nie presies soos hulle dit beplan het nie.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.

20:00 The Millers (M-Net): Nes Nathan sy werkskoene uitskop en sy vakansie in die Bahamas begin, verras Carol hom.

20:30 Groen Reis (kykNET): In die Kibale-woud in Uganda is Dave te voet op soek na sjimpansees. Stap saam met hom en sien hoe die skaars primaat leef en hoekom hulle geneties nader verwant aan ons as gorillas is.