17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Riaan wys jou hoe om ’n kandelaar te maak en hy gee ’n ou bal-en-klou-tafel nuwe lewe. Riaan deel ook wen-wenke uit om jou gereedskap te organiseer. Skakel in en begin jou tuiste mooimaak met Suid-Afrika se bekendste nutsman.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja en Bertus baklei oor die baba. Dewald probeer werk kry. Intussen vertel Daleen vir Neville iets wat sy lewe gaan verander.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef probeer Vicky met redelike sukses oortuig om toegeefliker teenoor Marius te wees. Vicky stem halfhartig in tot Marius se plan om Louw gereelder te sien. Sussie kan nie help om met blink oë na Marco te kyk nie. Fran en Fritz gaan fliek, maar die uitstappie ontaard in ’n gestry.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Bertha het ’n plan met Dirkie, terwyl die Malherbes nie langs dieselfde vuur sit oor Pippa se optrede nie. Tertius het ’n plan om die Jonkers se taak te vergemaklik, en Okkie probeer Ilse se aandag van Marcel se obsessie aflei.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span woon ’n konsert by ter viering van Andriëtte Norman se sukses in die musiekbedryf; haar nuwe album het goud gehaal. Dan gaan hulle agter die skerms van die Aardklop-toneelstuk Bloed en Rose, met onder andere Nicola Hanekom, Anna-Mart van der Merwe en Stian Bam. Marthinus Basson is die regisseur. Die span gaan maak ook ’n draai by Jakkie Louw se boekbekendstelling.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden herenig met Kate en is seker sy is die een, tot hy Vivian ontmoet.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Mariëtta gesels met prof. Dan Kgwadi oor wat presies nou weer op Potchefstroom aangaan.

21:30 Extant (M-Net): Molly ontmoet haar baba die eerste keer. Intussen ontbloot Julie ’n donker geheim van Odin.

22:34 Hot In Cleveland (SABC3): Drie vroue se lewe word drasties ontwrig toe hul vliegtuig in Cleveland pleks van Parys land.