Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Koöporasiestories (kykNET): Die gewilde verhale van PG du Plessis word hier vir die televisie verwerk. Skreeusnaakse vermaak vir die hele gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone neem Nina onder haar vlerk. Nadia is in die wolke en word vrot deur haar broers bederf. Paula hou voet by stuk.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se gemene streke neem toe, tot hy uitgevang en verkla word. Saskia en Liam stamp kop en sy begin haar eie plan in werking stel om hom te fnuik. Marius deel belangrike nuus.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): Die lekkerkyk sitkom volg die wel en wieë van ’n groep wetenskaplikes en hul pogings om die werklike wêreld, nie die laboratorium, om hulle beter te begryp.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Nuuskierige joernalis vra ongemaklike vrae wat At laat wonder waar die inligting vandaan kom. Kankersimptome is die onderwerp onder bespreking en George word byna op heterdaad betrap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand kuier ons by die Davies-gesin wat onder leiding van Ellalien in 2014 die WRSA Wildboer van die jaar titel verower het.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.