1499633_10152849544800942_665430065_n

17:30 Maatband (kykNET): Reeks begin. ’n Nuwe gesondheids-en-skoonheidsreeks wat deur Moria Sewald aangebied word, wys strafkampe is nie net vir jonger vroue nie; dis ook vir dié oor 40.

18:30 7de Laan (SABC2): Oppikoffie se nuwe voorkoms word onthul. Sal Ty en Antoinette se planne betyds gereed wees?

19:30 Modern Family (M-Net): Claire probeer ’n ekstra spesiale verassing vir haar en Phil se 20ste huweliksherdenking.

19:30 Kwêla (kykNET): Kom kyk na Hannes Lochner se pragtige natuurfotografie. Die ateljeegas is Brendon Daniëls.

20:29 Extreme Makeover: Home Edition (SABC3): Die Woslum-gesin se huis kry binne net ’n week ’n heel nuwe voorkoms.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Reeks begin. Die span is op Stellenbosch waar die bekende Koos Kombuis sy lewensverhaal deel.

21:30 Projek Aardwolf (kykNET): Bobbejaanspinnekoppe lewe lank en bou ’n woonplek onder die grond, maar wat gebeur wanneer hulle moet plek maak vir menslike ontwikkeling?