17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons besoek bekende kroegareas, maak saam met Ierse legendes Foster and Allen musiek en kyk waar Bram Stoker aan sy Dracula idees gekom het.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Dit gaan sleg met Dali en Nthabi se verhouding. Sifiso wen Pulane se hart terug met hul vriende se hulp.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther bevind hom in ’n warm wêreld en Eben konfronteer vir Cardo met sy bewyse. Marius probeer Carina beskerm, maar sy besluit om dinge om haar eie manier op te los.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana is op die oorlogspad as gevolg van Karli. At wil nie sy goeie nuus met almal deel nie. Gustav is nie beïndruk met iemand anders se gulde kans nie en Zadie is beide opgewonde en bevrees vir die aand wat voorlê.

20:00 Kwêla (kykNET): Coenie de Villiers is aanbieder van die verskeidenheidsprogram wat bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.