18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter deel sy blink plan om minibus-taxi’s te diens met Marius, wat glad nie beïndruk is met sy idee nie.

18:30 7de Laan (SABC 2): Kristin toon geen simpatie teenoor Diederik en sy valse hoop nie. Is Quad Five weer aktief in Hillside?

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET): At kry inligting oor Jana wat die hele kaartehuis inmekaar laat stort. Okkie se lewe word versuur toe Naomi en Ilse skielik ’n span word. Morné is onuithoudbaar en Bea wonder wat die werklike rede is.

19:30 About A Boy (M-Net): Marcus slaap die eerste keer by een van sy vriende oor en Fiona soek iets om haar mee besig te hou. Toe sy hoor Will hou ’n poker-aand, moes sy dit net bywoon!

19:30 Kwêla (kykNET): Dis stemdag en regt. Edwin Cameron en dr. Christi van der Westhuizen is op die bank om hul mening te gee oor die stand van sake in die land. Die historikus Lindi Koorts praat oor haar biografie.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.