Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke. Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Die gewilde kok Chris Smit is terug met ’n nuwe seisoen. Met Franschhoek wat bak in die goue gloed van die somer, beplan Chris om die meeste te maak van die oorvloed aan vars produkte wat die seisoen bied.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity besluit om ’n partytjie te reël voor die boetiek toemaak. Gita nooi haarself. Iemand bel Errol met skokkende nuus oor Lindile.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef sukkel om Astrid se dood te verwerk. Sussie kan nie vrede vind nie. Lindie besef haar dae in die Villa is getel. Nico vereffen sy Bakgat-skuld en Marius is beïndruk. Sussie neem afskeid van Bloemfontein. Paul reik uit na Stef, maar loop hom vas. Sonja Kruger bespreek by die Villa. Vicky voel verwerp deur Stef.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om Brittanje se talentvolste dansers op te spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Emosies loop hoog in Tonik toe die liefde onder die vergrootglas geplaas word, en At se woorde kry Zieg onder – terwyl mnr. Rossouw ook ’n plan wil beraam met die ortopeed. Naomi is dalk ’n bietjie te optimisties, en Ivanka gee iemand die verkeerde idees. Ilse skrik haar boeglam vir ’n rekening, en daar is ’n “gas” in die Jonker-woonstel.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons begin met ’n kuier by Kokkedoor 1 se eksentrieke Magda Johnston en ontspan by die Lééf Spa. Johan Jacobs praat oor ’n gesonde leefstyl en die draaiboekskrywer Paul C. Venter kuier op die bank.

20:30 Love that Girl (SABC 2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om aan haar verlede te ontsnap.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met ’n sterk persoonlikheid pak onderwerpe aan wat ’n breër maatskaplike benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op omstrede sake.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander ingrypend nadat ’n weerwolf hom byt.