17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Vanaf Namibië hou ons noord na Angola. Ons besoek die land se grootste waterval, ry die bekende Leba pas en soek die plekke op waar die Dorslandtrekker eens gewoon het.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja is bekommerd dat haar spaargeld nie genoeg is om deur die maand te kom nie. Dinge begin warm word tussen Anna en Marko. Altus is weer sy ou self.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida voer ’n tweestryd, maar is te trots om haar persoonlike lewe met Fritz te bespreek. Die nette span al stywer om Cardo en Eben reik uit om sy pêl te help.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gustav dink nie Herman is gereed vir die taak op hande nie en ’n nuwe Du Preez maak nie vinnig vriende nie. Zadie vra Okkie se hulp en Liezl het ’n voorstel om Morné se skuldgevoel te laat verdwyn.

20:00 Kwêla (kykNET): Francois van Coke praat oor sy jongste album. Ons gaan kuier by ’n handelsmerk wat gesonde braaisoute verskaf en ons kondig nog dorpe aan wat deurdring na die volgende ronde van ons Dorp van die Jaar-kompetisie.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little LIars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.