Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Die nuus oor Jimmy se dwelmsmokkelary het Sussie meer ontstel as wat sy voorgee. Fritz is geskok om te hoor Wouter stel nie belang in Anthony se klasse nie. Vicky sukkel om haar jaloesie oor Marius en Carina weg te steek. Astrid gee Jimmy ’n paar kosbare wenke oor die mense van Villa Rosa.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas probeer hom uit die Alpe-toer wurm. Matrone se nuwe voorkoms het onverwagse gevolge.
  • 18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Margot neem ’n baie gevaarlike besluit met die hoop om Stian uit te oorlê. Die meisies het almal verskonings toe ’n vriend om hulp aanklop. Ilse besluit finaal sy gaan nie slapende honde wakker maak nie.
  • 19:30 Modern Family (M-Net): Die chaos op Mitchell en Cameron se troudag gaan voort. Jay en Gloria probeer Merle en Barb se verhouding red. Luke en Manny tree op soos ’n ou getroude paartjie. Haley stort haar gevoelens uit teenoor Andy.
  • 19:30 Kwêla (kykNET): Dis Kwêla se spesiale Vrouedag-episode en hulle is ook op ’n splinternuwe Kwêla-stel! Hulle kuier ook by Katja Kowalec, ’n Suid-Afrikaner van Poolse geboorte wat die Tweede Wêreldoorlog oorleef het – sy vertel graag haar ongelooflike verhaal van oorlewing, verlies en liefde.
  • 20:00 Two and a half men (M-Net): Walden help Jenny. Alan tel moeilikheid op by sy vriendin se eks-vrou.
  • 20:00 Just Shoot Me (e.tv): Adrienne se vriend probeer Finch jaloers maak.
  • 21:30 Swartwater (SABC3): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die dorpie Swartwater om van hul vorige lewe te vergeet.