17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Riaan wys ons ’n slim manier om muurpapier te gebruik om ’n vertrek in ’n japtrap op te helder. Hy wys ons ook hoe om ’n bedkassie aanmekaar te timmer. En deel ’n slim wenk om verfblikke wat nie wil toe maak nie, se deksels stewig op te kry.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma vertel Marko alles. Altus is weer laat vir ’n afspraak met Paula. Dewald gee Nadia sy toetsuitslae.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sussie is verpletter ná Marco en die Rosers is diep bekommerd oor haar. Gerhard loop rond soos ’n beer met ’n seer poot en niemand kan dit uit hom kry wat verkeerd is met hom nie. Vicky kry inligting oor Lindie wat haar op die oorlogspad sit.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana probeer haar beste om iemand te vermy – en dan word sy gekonfronteer oor haar professionele gedrag. Kobus se geskenk laat iemand se bloed kook, en ’n dokter vaar nie so goed in die teater nie.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span gesels met Joost van der Westhuizen en Odette Schwegler oor die nuwe dokumentêr oor sy lewe. Hulle kyk ook by die Sasol Sonkrag-kompetisie hoe motors lyk wat net met sonkrag werk. En kry solank jou foon reg om te stem vir nog Kwêla Funnies!

20:00 The Millers (M-Net): Carol is op soek na ’n woonstel en Nathan is meer as gewillig om haar te help.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.