Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Nadine neem afskeid en maak gereed om Bloemfontein te verlaat. Isabel en Anthony doen alles in hul vermoë om Liam vas te trek, maar is hy hulle een voor. Gaan hulle sy bose planne die keer blootlê?

18:30 7de Laan (SABC 2): Koot vind uit hoeveel sy plase eintlik werd is. Gaan Bertus daarin slag om Herman se mening oor hom te verander? Wat veroorsaak Emma se vreemde gedrag?

18:30 Binnelanders (kykNET): Daar is hewige reaksie toe Ilse haar voet neersit met Morné. Okkie en Nigel se vete bereik breekpunt. Delia besef haar pad het in ’n doodloopstraat verander. Pippa neem ’n besluit namens Rian.

19:30 Modern Family (M-Net): Claire het ’n belangrike vergadering met ’n kliënt wat Mitchell vir haar gereël het. Phil veg verbete om die voorsitter te word van die sosiale komitee van die eiendomsagentskap vir wie hy werk.

19:30 Kwela (kykNET): Nataniël kuier by Coenie in die ateljee. Suzaan kuier by Lika Berning en haar gesin.