17:30 Maatband (KykNET): Moria Sewald gee ’n oorsig oor gesondheids- en skoonheidsprodukte.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Sussie pas Louw bedags op, maar Vicky is nie gelukkig met die situasie nie. Die Villa gaan agteruit, want Sussie is nie daar om alles glad te laat verloop nie.

 18:30 7de Laan (SABC 2): Die Hillside Times word dalk deur nog ’n hofsaak in die gesig gestaar. Bonita maak ’n fout toe sy Wessel van haar probleme vertel.

18:30 Binneland (KykNET): Gideon se ontstellende nuus keer nie sy soektog na Riaan nie en die groot dag breek aan vir Zadie. Delia word gedwing om ’n hospitaalkrisis te hanteer sonder die besturende direkteur.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil beland in die tronk nadat hy by Lukas wil aansluit by ’n dansklas. Mitch en Cam baklei oor die regte trou venue. Haley blaker geheime uit terwyl Alex haar leer bestuur.

20:00 The Millers (M-Net): Toe Carol erken sy lees Debbie se dagboek, probeer sy en Nathan Debbie met al haar probleme help.

21:00 Isidingo (SABC 3): Calvin verkeer nog in lewensgevaar. Zeb se avonture op sosiale media het ’n nadraai.