Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane is bekommerd oor haar toekoms by die boetiek. Oppiekoffie se geldsake lyk nie baie goed na Vivian se besoek nie. Willem vra vir Nadia om hom te vergewe.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Jenny het spoorloos verdwyn. Wouter het sy hande vol met Beulah. Stef en Fritz is vasbeslote om die Villa oop te kry vir besigheid, maar gaan Liam hul pogings kniehalter met sy sogenaamde ‘hulp’?

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode wissel mev. Wolowitz die tydelike met die ewige, en Raj, Emily, Leonard en Amy oefen hul zombie-ontsnapplan

19:30 Binnelanders (kykNET): Mark vat nie nee vir ’n antwoord nie, en Rian probeer om Jana se vrese hok te slaan. Roelf probeer Gustav aan sy kant kry, en Pippa se lojaliteite word getoets.

20:00 Kwêla (kykNET): Die sakeman Christo Wiese praat oor sy nuwe projek, daar is ’n motorfietsreis, en die sakevrou Ellie Steyn vertel meer van haar onderneming Bliksim.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode het Finn ’n nuwe manier gekry om van Cary ontslae te raak, en Alicia het ’n nuwe teenstander in die staatsprokureurwedloop.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand reis die span na Nico Lerm van Lazarus Game Farm wie hulle vertel hy in die Bosveld met wild begin boer het.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode is daar ’n nuwe vakature in die tronk en die vroue stoei om die pos te kry.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.