Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Nadia verras Herman met ’n vindingryke sake-idee. Rick kom agter Emma lieg vir hom. Altus en Paula hou aan uitspattig geld uitgee.

19:30 Kwêla (kykNET): Die gaste sluit in die Afrikaanse musiekgroep Die Tuindwergies, Adriaan Basson van Beeld, die beeldhouer en fotograaf Dahla Hulme en gewese fietsryer Jaco Strydom.

19:30 Masterchef South Africa (M-Net): Die topvier deelnemers word wakker en sien hulle swart voorskote lê vir hulle en wag, wat beteken hulle gaan reguit na nog ’n druktoets.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Jak de Priester besoek die Koue Bokkeveld in die Wes-Kaap saam met Breyton Paulse waar die oud-Springbok grootgeword het.

20:30 The Mentalist (M-Net): Cho se werk saam met die blitspatrollie veroorsaak dat hy weer in kontak kom met Summer.

21:30 CSI (M-Net): Die span ondersoek ’n moord op ’n hoërskool reünie.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.