17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): In hierdie episode keer Chris terug na die plek waar hy gewerk het as uitvoerende sjef – die bekroonde luukse boetiekhotel, La Residence, in Franschhoek. Gedurende ‘n strooptog van hulle kruie- en groentetuin bekom hy bestanddele vir ‘n kookfees in die eg plattelandse styl. Op die spyskaart: ‘n watertand brood met olywe, kruie en okkerneute, gevolg deur ‘n prima-rib bedien met baba-aartappels, sampioene en ‘n romerige swartpepersous. ‘n Digte, donker en intens-gegeurde sjokolade- en laventel laagkoek rond die verruklike maal af.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince beïndruk almal met sy smaaklike kos by die Heights partytjie. Altus neem ’n groot besluit en vra vir Xander se hulp. Is dit die einde vir Altie en Paula?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dis Isabel se laaste dag en Vicky het ‘n verrassing vir haar. Stef neem vir Vicky in sy vertroue oor sy planne met Nico. Maryke is suur omdat sy nie Isabel se afskeid kan bywoon nie en argumenteer met Nico. Gunther is verlig as Saskia positief is oor die navorsing, maar sy waarsku hom dat hulle versigtig sal moet wees. Carina is verras met Eben se nuus as hy van die plaas af terugkeer.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cherilee is kniediep in die moeilikheid – en nie net oor Van se planne nie. Gertrude speel oop kaarte met Nick, terwyl Zadie baie ernstige sake moet oordink. Zieg neem ‘n besluit oor die Anleo-saga, en Karli sit in die middel van die kring van die spotters.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons loer in by die High Performance Theatre in Pretoria, waar van ons land se beste atlete afgerig word. Estelle van der Linde help klein kindertjies met groot uitdagings. Ons kyk na Anton Schoombie se uitgebreide handtekening-versameling. Die nuwe hoof van die Woordfees, Saartjie Botha, gesels op die bank.En die renjaer Giniel de Villiers praat oor sy obsessie met vinnige dinge.

20:30 Meeulanders (SABC 3): Ryna van Rensburg vlug na ’n afgeleë eiland op die Weskus om van haar verlede te vergeet.

21:00 WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.