18:00 Friends with Better Lives (M-Net): Will is desperaat om ’n bietjie woema in sy huwelik te bring. Jules het dalk haar sielsgenoot ontmoet. Intussen probeer Kate Will oortuig dat sy nie oppervlakkig is nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Almal is ontsteld oor die inbraak by die Villa, maar Astrid buit die situasie uit en oorreed Marius om die sekuriteit te verbeter. Intussen probeer Astrid ook van die diamante ontslae raak.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno kry ’n nuwe, baie interessante bron van navorsing vir sy nuwe roman.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Naomi kom op ’n ongemaklike situasie af. At dink daar is definitief ’n probleem op die stel van Dokter-Dokter.

19:30 About A Boy (M-Net): Will probeer ’n verjaarsdagpartytjie vir Marcus reël, maar daar duik gedurig die een of ander probleem op. Fiona en Sam sit vas oor iets.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie praat met die akteur en skrywer Simon Bruinders. Die Kwêla-span gaan kuier ook by Laerskool Buffeljagsrivier, waar hulle saam met die kinders toutrek, kaas maak en klas loop in hul boomhuis. Op Robertson kuier hulle ook by Willem Stemmet, die koperketelstoker van die jaar en ’n mampoermaker van formaat.

19:30 Pasella (SABC2): Die Pasella-span wys ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Charlie se buite-egtelike dogter daag onverwags op, en nie net is Alan verbaas oor haar bestaan nie, maar ook oor hoe baie sy na Charlie aard.

20:00 Minute To Win It (SABC 3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.