17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Chris berei ’n verskeidenheid happiegrootte-proeseltjies vir die Franschhoekse gekruide kolwyntjies met biltong en mielies.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die wanavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Neville die waarheid uitvind of sal Lynette vir die res van haar lewe ’n slegte reputasie hê? Hilda staan Bonita by deur die moeilike tyd in haar huwelik.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Nico speel ’n manipulerende dubbelspel met Gunther en Fritz. Stef is steeds op ’n donker plek en hy skok Gunther met ’n onverwagte geskenk. Maryke het Anthony in die holte van haar hand, maar Isabel het haar bedenkinge. Marius se verhouding met Vicky verloop goed, maar dan voer hy dit te ver.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cheri-Lee maak beloftes wat Van nie vertrou nie, en Zadie sien ’n ander kant van Nicholas. Jana wil haar kontrak bespreek, en ’n stryery oor ’n haan staan in die pad van Wimpie se nuwe belangstelling. Ilse moet Ivanka herinner aan hoe belangrik familie is, en dis duidelik dat Cheri-Lee baie probleme het.

20:00 Kwêla (kykNET): Coenie het aan huis by FW en Elita de Klerk in Kaapstad gaan kuier. Dis nou 25 jaar vandat hy sy grondverskuiwende toespraak gelewer het en die Coenie het gaan hoor hoe gaan dit vandag met hom. Dan is daar vrae soos: As hy terugkyk, sou hy dieselfde gedoen het? Wat sou hy wou verander? Hoe gaan dit met hom as mens; hy is nou 79. Coenie raak ook persoonliker en gesels oor sy lewe nou saam met Elita. Dis ’n gefladder van vere by die voorbereiding vir die Million Dollar Pigeon Race. Die regisseurspaar René en Corné van Rooyen kuier op die bank. Die span maak ’n draai by die Grammy-benoemde musikant Wouter Kellerman.

20:30: WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met ’n sterk persoonlikheid pak onderwerpe aan wat ’n wyer maatskaplike benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.

23:00 CSI: New York (SABC 3): Die span forensiese spesialiste ondersoek raaiselagtige moorde om agter die kap van die byl te kom.