Modern Family

17:30 Woef & Kie (kykNET): Ons ontmoet ’n splinternuwe ras in Suid-Afrika: die Duitse jagterriër en leer meer oor die vinnigste hond ter wêreld: die windhond.

18:30 7de Laan (SABC2): Is Gita se nuwe assistant so onskuldig soos sy voorgee? Kan Nadia Herman oortuig om haar Plettenbergbaai toe te laat gaan vir die vakansie?

19:31 Modern Family (M-Net): Claire keer terug na haar werk en Cam begin in ’n nuwe onderwyspos.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie kuier saam met die aktrise Anna-Mart van der Merwe, walvisoperateur Lloyd Edwards van Algoabaai, skryfster Riana Scheepers en modeontwerper Simon Rademan.

20:30 Glee (M-Net Series Showcase): Die HoërskoolMcKinley kom almal bymekaar om die lewe van die ontslape Finn Hudson te vier.

20:33 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die laaste drie spanne kom te staan voor ’n moeilike uitdaging en iemand moet aan die einde daarvan huis toe gaan.

21:30 Family Tree (M-Net): Slot. Monk en Pete gaan strand toe op hulle laaste dag in Kalifornië.