Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Dewald se oorvol rooster begin hom pootjie. Paula vind uit van Lorinda.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie gesels met Ian Roberts en Hannes Muller oor die nuwe fliek Babelas, asook met die Boer Soek ’n Vrou-paartjie Jacobus Wentzel en Ina Boshoff.

20:02 Strictly Come Dancing (SABC2): Kyk hoe van Suid-Afrika se bekendes hul lyf beroepsdanser hou.

20:30 10 uit 10 (kykNET): Die paneel gesels oor hul 10 gunsteling Afrikaanse liedjies.

20:30 The Mentalist (M-Net): In die 100ste episode sien ons hoe Jane agt jaar tevore die eerste keer by die CBI aangesluit het.

21:30 CSI (M-Net): Die span ondersoek die moord op’n kampioentennisspeler en vind uit Hodges is verloof.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.