18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Jimmy kom ál beter oor die weg, tot almal behalwe Astrid se vermaak. Marius sukkel steeds om Vicky van sy ware gevoelens vir Carina te vertel. Gaan hy en sy kelnerin mekaar weer vind, of is hulle nie bestem om saam te wees nie?

18:30 7de Laan (SABC2): Lerina wonder wat Gita se agenda met haar is. Intussen verloor Pulane haar humeur toe ’n vreemdeling by haar aanlê.

18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Morné is terug uit Kanada. Ilse kry onverwags nuus van ’n familielid. At neem ’n besluit oor Margot en Dokter-Dokter. Adelyn en Frankie dans al te lekker op die maat van die liefde.

19:30 Modern Family (M-Net): Mitch and Cam se groot dag is eindelik hier en niks of niemand kan die troue vir hulle bederf nie, tot iets kleins in iets groots verander en die troubeplanner vinnig op sy voete moet dink.

19:30 Kwêla (kykNET): Lise Swart en haar verloofde, Louis Awerbuck, is op die bank om te praat oor hul RSG-program, Wie is Ek?, wat oor menslike gedrag en sielkundige toestande handel. Die Kwêla-span gaan kyk ook na die inspirerende werk wat Team Hope in die Vrystaat doen.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden het ’n romantiese afspraak met ’n pragtige model en dit duur langer as wat hy gereken het. Intussen gaan Alan met ’n vrou uit wat te veel inligting oor haarself deel.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): ’n Fotograaf pers Elliot af om hom as ’n assistent aan te stel, want hy het intieme foto’s van Elliot en Adrienne.

21:30 Swartwater (SABC3): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die klein dorpie Swartwater om van hul vorige lewe te vergeet.