Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz en Sussie reël die doop van die jaar. Vicky stem in, maar wat is die werklike rede agter haar samewerking? Fran is opgewonde toe dit lyk of Anthony eindelik teenoor haar hart oopmaak.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Sonja se ma is geskok deur haar reaksie toe sy haar kom haal. Xander ontdek iets oor David wat almal gaan ontstel.
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): ’n Groot troue en die wankelrige verhouding tussen ’n ma en dogter kom ter sprake. Krige het sy bedenkinge oor Frankie en Rian dink At moet Jana ’n kans gee.
  • 19:30 About A Boy (M-Net): Marcus het ’n ongeluk terwyl Fiona by die werk is en Will vat hom ongevalle toe, waar hy die vrou van sy drome ontmoet.
  • 19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span kuier gaan terug plaas toe saam met Deon Steenkamp se suster, Marianna, asook Charne Kemp, ’n joernalis en die skrywer van ’n boek oor hierdie tragedie.
  • 20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.
  • 20:00 The Millers (M-Net): Nathan probeer met sy ma se tandarts uitgaan sonder dat sy daarvan weet.
  • 20:30 Groen Reis (kykNET): Een van Dave se persoonlike hoogtepunte was om die berggorillas in die Bwindi-reenwoud te sien. Deel hierdie unieke ervaring saam met hom en sien ook ’n groep vrugtevlermuise in ’n oorhang en ’n grot.