18:00 Villa Rosa (kykNET): Mari maak dit duidelik dat Wouter ook haar kleinseun is. Wouter is baie bly om sy ouma te sien en dit spoor hom aan om ’n groot besluit te neem. Carina is nie gerus dat die situasie tussen Eben en sy ouers opgelos is nie. Anthony is op die kortlys vir ’n spreekkamer en kan nie op sy studies konsentreer nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma en Marko se verhouding is op dun ys. Ty ontdek ’n grusame voorwerp op sy lessenaar.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot wil verhoed dat Karli in die spervuur beland. Okkie konfronteer Wimpie oor sy kinders. Stian is moeg vir speletjies en moet inligting by Margot kry voor hy doen wat hy gekom het om te doen.

19:30 Kwêla (kykNET): Terry-Anne Adams, ’n vrou met albinisme en ’n ambassadeur vir Loslitdag, kuier op die bank. Die Kwêla-span gaan kyk dan na die interessante werkings van ’n keramiek-fabriek op Robertson. En Henriëtte Potgieter van Polokwane neem ons deur ’n historiese glasnegatiewe-fotoversameling van Hugh Exton se werk. Van dit dateer uit die laat 1800’s.

19:30 Scandal! (e.tv): Layla se gekonkel kry haar in die moeilikheid, maar ten spyte daarvan leer sy steeds nie haar les nie. Anzani en Lerumo is verstom toe ’n onverwagse besoeker opdaag.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan is ontsteld omdat Lyndsey hom nie vertel het sy en Larry is uitmekaar nie. Intussen wil Walden aan almal bewys hy is ’n ware man toe sy manlikheid bevraagteken word.

21:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): Molly is oortuig daarvan dat die agentskap haar baba wegsteek. John ontdek iets merkwaardigs in Ethan se programmatuur.