17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Turkye Deel 2: Min mense is bewus dat ’n groot deel van die Bybel in Turkye afspeel. Ons stap deur die strate van Efese en besoek die graf van die profeet Johannes en ook Maria se huis.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): T&T gaan na vandag nooit weer dieselfde lyk nie. Is Hillside groot genoeg vir Nina om weg te kruip van haar huismeester? Gita sien net geld.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben en Celine sit met die gebakte pere na ’n lekker aand uit. Carina wonder of Eben dalk nie te veel van Celine hou nie. Lida sukkel om afskeid te neem van Dietmar.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka is skoonveld. Rian kry die wind van voor en Jana word gevra om vrede te bewerkstellig. Liezl word gevra om haar afstand te hou.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv): Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.